Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
"Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #34713] Sa, 23 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy’t saam met my verstedelik
jy’t saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto’s kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #53468 is 'n antwoord op boodskap #34713] Vr, 16 November 2001 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> KONTINENTALE DRYWING
> Charl Durand
>
>
> Warrelwind
>
> het my skiereiland vir jou te klein geword
> het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
> by die flouerige lig van verwarring
> wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?
>
> al die jare kon ek jou vang voor die waterval
> ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
> jy?t saam met my verstedelik
> jy?t saam met my elke winter verjaar
>
> en nou s?jy -
> jou sandduin het verskuif
> die lugfoto?s kan jy nou verduidelik
> miskien is dit hoekom jy huil
>
> skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...
>
> ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
> ek wil jou laat weet van mooiweer,
> verspoelings wat herstel is na die onlangse re?, en
>
> as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
> waarheen die kontinente dryf?

Dalk is ek teveel van 'n romantikus...maar eerlik hierdie is een van
die mooiste gedigte wat ek nog ooit gelees het.
Is dit 'n meer onlangse een?
Hoekom vra jy hom nie waarom hy nog nie 'n bundel gemaak het nie.
Ek sal dit vir hom bemark...persoonlik op straathoeke staan om dit te
verkoop...ek dink dit is sonde om sulke goed te kan skryf en dit nie
met almal wat kan lees te deel nie.
Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #53475 is 'n antwoord op boodskap #53468] Vr, 16 November 2001 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tinkerbell" skryf in boodskap news:6ff1ece3.0111152255.61e16b32@posting.google.com...
> Dalk is ek teveel van 'n romantikus...maar eerlik hierdie
> is een van die mooiste gedigte wat ek nog ooit gelees het.
> Is dit 'n meer onlangse een?
> Hoekom vra jy hom nie waarom hy nog nie 'n bundel gemaak het nie.
> Ek sal dit vir hom bemark...persoonlik op straathoeke staan
> om dit te verkoop...ek dink dit is sonde om sulke goed te kan skryf
> en dit nie met almal wat kan lees te deel nie.

Wil jy wydsbeen op my ry, Tinkerklokkie?
Om die bundels te verkoop natuurlik ;-)

Piet Dradonkie
Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #53492 is 'n antwoord op boodskap #34713] Vr, 16 November 2001 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote: ...

>> KONTINENTALE DRYWING
>> Charl Durand
>
> Dalk is ek teveel van 'n romantikus...maar eerlik hierdie is een van
> die mooiste gedigte wat ek nog ooit gelees het.
> Is dit 'n meer onlangse een?
> Hoekom vra jy hom nie waarom hy nog nie 'n bundel gemaak het nie.
> Ek sal dit vir hom bemark...persoonlik op straathoeke staan om dit te
> verkoop...ek dink dit is sonde om sulke goed te kan skryf en dit nie
> met almal wat kan lees te deel nie.

Nee, hierdie gedig is 'n hele paar jaar gelede geskryf.
Ek het vir hom 'n paar dae gelede geskryf
maar nie 'n antwoord gekry nie. Ek dink
hy is nie by die huis nie. Sal weer probeer.

Gloudina
Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #53651 is 'n antwoord op boodskap #53475] Ma, 19 November 2001 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
> Wil jy wydsbeen op my ry, Tinkerklokkie?
> Om die bundels te verkoop natuurlik ;-)
>
> Piet Dradonkie

Probeer jy nou opmaak vir my hartjie wat jy sommer so vlenters gebreuk het?
Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53667 is 'n antwoord op boodskap #53651] Ma, 19 November 2001 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tinkerbell" skryf in boodskap news:6ff1ece3.0111182235.3efce768@posting.google.com...
>> Wil jy wydsbeen op my ry, Tinkerklokkie?
>> Om die bundels te verkoop natuurlik ;-)

>> Piet Dradonkie

> Probeer jy nou opmaak vir my hartjie wat jy sommer so vlenters gebreuk het?

Tinkerbell o Tinkerbell
Wat wil jy my nou vertel?
Kwyn jy oor jou donkieman?
Hoekom wou jy my laat gaan?

Maar Tinkerbell ja Tinkerbell
Iets het in my opgewel
Ek sien dit ja, want dit is oop
Derde van bo, jou bloes se knoop ;-)

Piet Verdriet
Re: Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53670 is 'n antwoord op boodskap #53667] Ma, 19 November 2001 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sheeeez!!! Loerboet se trieks loop ver!!
Tinkerbell se knopie wel in PietPompies op?:))))))
Annette

--

Piet Pompdonkie skryf in boodskap news:3bf8f0eb$0$233@hades.is.co.za...
> "Tinkerbell" wrote in message
> news:6ff1ece3.0111182235.3efce768@posting.google.com...
>>> Wil jy wydsbeen op my ry, Tinkerklokkie?
>>> Om die bundels te verkoop natuurlik ;-)
>
>>> Piet Dradonkie
>
>
>> Probeer jy nou opmaak vir my hartjie wat jy sommer so vlenters gebreuk het?
>
>
> Tinkerbell o Tinkerbell
> Wat wil jy my nou vertel?
> Kwyn jy oor jou donkieman?
> Hoekom wou jy my laat gaan?
>
> Maar Tinkerbell ja Tinkerbell
> Iets het in my opgewel
> Ek sien dit ja, want dit is oop
> Derde van bo, jou bloes se knoop ;-)
>
> Piet Verdriet
>
Re: Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53707 is 'n antwoord op boodskap #53667] Di, 20 November 2001 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
> Tinkerbell o Tinkerbell
> Wat wil jy my nou vertel?
> Kwyn jy oor jou donkieman?
> Hoekom wou jy my laat gaan?
>
> Maar Tinkerbell ja Tinkerbell
> Iets het in my opgewel
> Ek sien dit ja, want dit is oop
> Derde van bo, jou bloes se knoop ;-)
>
> Piet Verdriet

Wil nie nou in diepte gaan
'n donkie sal nie kan verstaan

Die bloesie was met doel ge-oop
Maar is dit al die derde knoop?

Vertel my hoe my oë lyk
Dis mos waar jy heeltyd kyk
Re: Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53716 is 'n antwoord op boodskap #53707] Di, 20 November 2001 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tinkerbell wrote in message
>
>> Tinkerbell o Tinkerbell
>> Wat wil jy my nou vertel?
>> Kwyn jy oor jou donkieman?
>> Hoekom wou jy my laat gaan?

>> Maar Tinkerbell ja Tinkerbell
>> Iets het in my opgewel
>> Ek sien dit ja, want dit is oop
>> Derde van bo, jou bloes se knoop ;-)

>> Piet Verdriet

> Wil nie nou in diepte gaan
> 'n donkie sal nie kan verstaan

Hier maak jy 'n grote fout
Donkies gaan diep, tot by die boud ;-)

> Die bloesie was met doel ge-oop
> Maar is dit al die derde knoop?

Maar kon jy dan nie self sien nie?
Dit is steeds oop, tot by nommer drie

> Vertel my hoe my oë lyk
> Dis mos waar jy heeltyd kyk

Jou oë? Natuurlik sal ek vertel
Hulle is so mooi, they tink my bell :-)

Piet Klokdonkie
Re: Die bloesie lui 'n klokkie [boodskap #53722 is 'n antwoord op boodskap #53667] Di, 20 November 2001 13:44 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Piet Pompdonkie wrote: >Vertel my hoe my oë lyk

>> Dis mos waar jy heeltyd kyk
>
> Jou oë? Natuurlik sal ek vertel
> Hulle is so mooi, they tink my bell :-)
>
> Piet Klokdonkie

Ek dink ons moet die Taliban uitnooi om in SA te kom nesgooi, noudat
hulle uitgeskop word. Julle word net
eenvoudig te -j- daar.

Tant Hessie van Konduz, wat die
hele kabul sal moet gaan kandahar
in hulle jallalalabad in.
Vorige onderwerp: "Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "om die hoek" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:38:43 MGT 2024